FacebookTwitterYouTubeDailymotionScribdCalameo
SlideshareIssuuPinterestGoogle plusInstagramTelegram
Chat About Islam Now
Choose your country & click on the link of your language.
Find nearby Islamic centers & GPS location on the map.

Our Islamic Library contains:
Islamic TVs channels LIVE
Islamic Radios LIVE
Multimedia ( Videos )
Multimedia ( Audios )
Listen to Quran
Interactive files & QR codes
Misconceptions
Islam Q & A
Morality in Islam
Articles
The Noble Qur'an
Understanding Islam
Comparative Religions
Islamic topics
Women in Islam
Prophet Muhammad (PBUH)
Qur'an and Modern Science
Children
Answering Atheism
Islamic CDs
Islamic DVDs
Presentations and flashes
Friend sites

Articles' sections



Author:


Go on with your language:
qrcode

Menseregte en Geregtigheid volgens Islam
Ibrahim Abu Harb

Viewed:
100

Menseregte en Geregtigheid volgens Islam


Islam verskaf elke individu met regte. Vervolgens word van hierdie regte bespreek:

  • Die lewe en besittings van alle burgerlikes in ‘n Islamitiese Staat word as ‘heilig’beskou.

• Die mens se eer (reputasie) word beskerm. Daarom is dit teen die Wet om iemand te beledig of bespot. Die Profeet Muhammad ﷺ [1] het gesê: “Waarlik, jou bloed, jou besittings en jou eer is onaantasbaar.” [2]

  • Rassisme is verbode in Islam. Die Qur’an verwys na die gelykheid van mense as volg:

    ﴾...O Mensdom! Ons het julle waarlik uit ‘n man en vrou geskape, en Ons het julle in nasies en stamme verdeel sodat julle mekaar mag erken. Waarlik, die mees geëerde onder julle in God se aangesig is die mees godsvresende. [3] Voorwaar, God is Alwetend, Ingelig.﴿ Qur’an, 49:13

Islam verwerp die idee dat sekere individue of nasies begunstig is bo ander weens hulle rykdom, mag of ras. God het die mensdom as gelykes geskape en Hy het bepaal dat die enigste onderskeid tussen hulle gemaak sal word op grond van geloof en vroomheid (godsvresendheid).

Die Profeet Muhammad het gesê:

“O my volk! Julle God is Een en julle voorvader [Adam] is een. ‘n Arabier is nie beter as ‘n nie-Arabier nie, en ‘n nie-Arabier is nie beter as ‘n Arabier nie.

‘n Rooi persoon [‘n blanke met ‘n rooi bloos] is nie beter as ‘n swart persoon nie, en ‘n swart persoon is nie beter as ‘n rooi persoon nie [4]… behalwe in vroomheid.” [5]

Een van die grootste probleme in ons samelewing vandag is rassisme. Hierdie moderne, ontwikkelde wêreld van ons kan ‘n man na die Maan toe stuur maar niemand kan ‘n man keer om sy medemens te haat en teen hom oorlog te verklaar nie. Sedert die era van die Profeet Muhammad het Islam die voorbeeld gestel en bewys dat rassisme wel beëindig kan word. Die jaarlikse Pelgrimstog (Hajj) na Mekka bewys die broederskap wat kan bestaan tussen mense van alle rasse en nasies.

Miljoene Muslims lê jaarliks hierdie Pelgrimstog af in vrede. Islam is ‘n geloof van geregtigheid.

God het gesê:
...Voorwaar, God beveel jou om alle items wat aan jou toevertrou is vir bewaring terug te besorg aan dié wat dit toekom, en wanneer julle tussen mense moet oordeel – oordeel met regverdigheid...﴿ Qur’an, 4:58

Verder sê God:
…Wanneer twee groepe gelowiges teen mekaar veg, sluit vrede tussen hulle met regverdigheid, en behandel hulle met billikheid. Voorwaar, God het diegene lief wat billik is...﴿ Qur’an, 49:9

Ons moet selfs regverdig wees teenoor die mense vir wie ons haat in ons harte koester.

God sê:
...en moenie toelaat dat die haat wat jy koester vir ‘n ander nasie jou ontroof van geregtigheid nie. Wees regverdig – dit is nader aan vroomheid... ﴿ Qur’an, 5:8

Die Profeet Muhammad het gesê:
“Mense, wees bedag daarop omnie onregverdig te wees nie, [6] want onregverdigheid sal duisterniswees op die Dag van Vergelding.” [7]

En die mense wie se regte nie aan hulle toegeken was terwyl hulle ‘n regverdige reg daartoe gehad het tydens hierdie lewe nie, sal dit ontvang op die Dag van Vergelding.

Die Profeet het gesê:

“Op die Dag van Vergelding sal die regte van diegene wie hulle regte ontneem was teruggegee word[en alle onregte sal reggestel word].” [8]

 

(Vir verdere inligting aangaande hierdie onderwerp, besoek die webwerf
https://www.islamic-invitation.com/language/259/Afrikaans-Afrikaans

 

‘n Kort, Geïllustreerde Gids tot islam
https://www.islamic-invitation.com/book/details/Afrikaans/4912/n-Kort-Ge%C3%AFllustreerde-Gids-tot-islam

Aflaai

https://www.islamic-invitation.com/downloads/a_brief_illustrated_guide_to_understanding_islam-afrikaans.pdf

 

[1] Die betekenis van die Arabiese woord is: Mag God die aanroep van sy naam ophef en hom beskerm teen enige onvolmaakthede.

[2] Sahih Al-Bukhari, #1739, en Mosnad Ahmad, #2037

[3] ‘n Godsvresende persoon weerhou homself van alle sondes, hy verrig goeie dade soos wat God hom beveel om te doen, hy vrees God [se teleurstelling] en het God lief [vir al Sy genade teenoor hom].

[4] Die verwysing na kleure in hierdie Hadith is slegs as voorbeelde genoem. Die betekenis daarvan is dat geen ras of kleur beter is as ‘n ander nie.

[5] Mosnad Ahmad, #22978  

[6] Onderdrukking van andere, onregverdige behandeling, of die tenakoming van ‘n ander person.

[7] Mosnad Ahmad, #5798, en Sahih Al-Bukhari, #2447

[8] Sahih Muslim, #2582, en Mosnad Ahmad, #7163

 
All copyrights©2006 Islamic-Invitation.com
See the Copyrights Fatwa