FacebookTwitterYouTubeDailymotionScribdCalameo
SlideshareIssuuPinterestGoogle plusInstagramTelegram
Chat About Islam Now
Choose your country & click on the link of your language.
Find nearby Islamic centers & GPS location on the map.

Our Islamic Library contains:
Islamic TVs channels LIVE
Islamic Radios LIVE
Multimedia ( Videos )
Multimedia ( Audios )
Listen to Quran
Interactive files & QR codes
Misconceptions
Islam Q & A
Morality in Islam
Articles
The Noble Qur'an
Understanding Islam
Comparative Religions
Islamic topics
Women in Islam
Prophet Muhammad (PBUH)
Qur'an and Modern Science
Children
Answering Atheism
Islamic CDs
Islamic DVDs
Presentations and flashes
Friend sites

Articles' sections



Author:


Go on with your language:
qrcode

Voordele Van islam
Ibrahim Abu Harb

Viewed:
102

Voordele Van islam

In die Naam van Allah, die Mees Barmhartige, die Mees Genadige

Die geloof van Islam bevat vele voordele vir die persoon wat daarin glo. Vervolgens word n paar van hierdie voordele genoem:

1) Die Deur na die Ewige Paradys
In hierdie hoofstuk, word slegs ‘n paar bewyse gelewer om te bevestig dat die Qur’an die direkte Woord van God is, dat Muhammad die Profeet van God is, en dat Islam die ware geloof van God is.
En gee ’n blye tyding aan hulle wat glo en goeie dade verrig, dat daar vir hulle Tuine is waardeur riviere vloei...﴿ Qur’an, 2:25

God sê ook:
Wedywer dan met mekaar vir die vergifnis van julle Heer en vir die Paradys, waarvan die breedte gelyk is aan die breedte tussen die hemel en die aarde, voorberei vir diegene wat in God en Sy Boodskappers glo. ﴿ Qur’an, 57:21

Die Profeet Muhammad [1] het aan ons die goeie tyding meegedeel dat die inwoner van die Paradys wat die laagste rang het, tien keer meer sal hê as al die skatte van hierdie wêreld, [2] en daardie person sal tien keer meer hê as enige iets wat hy of sy kan begeer. [3]

Die Profeet het ook die volgende stellings gemaak:

  • “Die area van een voet in die Paradys is beter as die hele wêreld en alleswat dit bevat.” [4]

  • “In die Paradys is daar dinge wat geen oog nog ooit gesien het nie, geen oor nog ooit gehoor het nie, en geen menslike verstand nog ooit aan kon dink nie.” [5]

  • “Die mees ellendige mens tussen diegene wat vir die Paradys bestem is, sal een keer in die Paradys gedompel word. Daarna sal daar aan hom gevra word: ‘Seun van Adam, het jy al ooit teëspoed geken? Het jy al ooit swaarkry ervaar?’ Daarop sal hy antwoord: ‘Nooit … (ek sweer) voor God, die Heer! Ek het nog nooit ellende geken nie, en ek het nog nooit enige swaarkry ervaar nie.’ [6]

Wanneer jy die Paradys ingaan, sal jy ‘n Ewige Lewe van geluk en vrede ondervind. Geen siekte, hartseer of dood kan jou daar oorval nie. God sal met jou tevrede wees en jy sal vir ewiglik daar lewe. God sê in die Heilige Qur’an:

En diegene wat glo en goeie dade verrig, Ons sal hulle die Tuine waardeur riviere vloei laat binnegaan, om vir ewig daarin te woon…﴿ Qur’an, 4:57

(Besoek ons webwerf www.islamic-invitation.com vir verdure informasie aangaande die Paradys en die lewe na die dood.)

2) Verlossing van die Vuur van die Hel
God sê in die Qur’an:
... Diegene wat ongelowig was en gesterf het in hul ongeloof – die aarde vol goud sal nie van enige een van hulle af aanvaar word as hulle dit sou offer as losprys nie Op hulle wag ‘n pynlike straf, en hulle sal geen helpers hê nie ...﴿ Qur’an, 3:91

Hierdie verganklike lewe is ons enigste geleentheid om [‘n regverdige lewe te lei en] die Paradys te beërf en [om ongeregtigheid te vermy, om] die Vuur van die Hel vry te spring. Indien ons sou sterf terwyl ons nie in God glo nie, sal ons geen tweede geleentheid gegun word om terug te keer na hierdie wêreld om onsself te bekeer nie.

Met betrekking tot die ongelowiges op die Dag van Vergelding sê God:

En as u maar net kon sien wanneer hulle gedwing sal word om oor die Vuur te staan! Dan sal hulle sê: ‘O wee! As ons maar net teruggestuur kon word, dan sou ons nie die tekens van ons Heer verwerp nie, maar ons sal ons by die gelowiges skaar’…﴿ Qur’an, 6:27

Geen mens sal hierdie tweede kans gegun word nie.

Die Profeet Muhammad ghet gesê:
“Die man wat die gelukkigste is tussen diegene wat vir die Vuur (Hel) bestem is, sal op die Dag van Vergelding een keer in die Vuur gedompel word. Daarna sal daar aan hom gevra word: ‘Seun van Adam, het jy al ooit enige goedheid beleef? Het jy al ooit seëninge ontvang?’ Daarop sal hy antwoord: ‘Nooit … (ek sweer) voor God, die Heer!’ ” [7]

3) Ware Geluk en innerlike Vrede
Ware geluk en innerlike vrede kan slegs ondervind word wanneer ‘n mens jouself onderwerp aan die gebooie van die Skepper en Onderhouer van die heelal. God sê in die Heilige Qur’an:
… Waarlik! In die oordenkings van God vind harte
tevredenheid…﴿ Qur’an, 13:28

In teenstryd hiermee sal die persoon wat wegdraai van God se Woord af en geen gedagte aan hom spaar nie, se lewe gevul word met struikelblokke. God sê:

…Wie ook al wegdraai van My Advies af, sy lewe sal vernou word, en op die Dag van Wederopstanding sal Ons hom met blindheid opwek…﴿ Qur’an, 20:124

Die bogenoemde verwysing kan verduidelik waarom sekere mense so hopeloos voel dat hulle daartoe gedryf voel om hul eie lewe te neem ten spyte daarvan dat hulle finansiële gemakbeleef en omring is deur alles wat geld kan koop.

Kom ons kyk na Cat Stevens (nou Yusuf Islam) se lewe as ‘n voorbeeld: Hy was destyds ‘n suksesvolle pop-sanger wat dikwels meer as $150 000 per aand verdien het vir ‘n enkele optrede. Dit was eers nadat hy Islam aanvaar het dat hy waarlik geluk beleef het. Al sy materiële sukses het hom nie gelukkig gemaak nie. [8]

(Verdere verhale van mense wat Islam aanvaar het is beskikbaar op ons webwerf www.islamic-invitation.com Hierdie mense kom uit verskeie lande, agtergronde en opvoedingsvlakke. U kan ook verwys na die boek, Why Islam is our Only Choice. [9])

4) Vergifnis vir Alle Voorafgaande Sondes

God belowe dat Hy al ons voorafgaande sondes en ongeregtighede sal vergewe wanneer ons Hom as God erken en Islam as ons geloof aanvaar.

‘n Man met die naam van Amr het na die Profeet Muhammad  toe gegaan en gesê: “Gee my jou regterhand sodat ek my eed van getrouheid aan jou kan aflê.” Die Profeet het sy regterhand uitgestrek, maar Amr het dadelik sy hand weggeruk. Die Profeet vra toe: “Wat is verkeerd, Amr?” Hy antwoord toe: “Ek wil ‘n voorwaarde neerlê.” Die Profeet vra toe: “Wat is die voorwaarde wat jy wil neerlê?” Amr antwoord toe as volg: “Dat God my sondes vir my sal vergewe.” Toe sê die Profeet: “Het jy nie geweet dat al jou voorafgaande sondes vergewe sal word wanneer jy Islam aanvaar nie?” [10]

Nadat ‘n persoon Islam aanvaar het, sal hy vergoed word vir sy goeie dade, of gestraf word vir sy ongeregtighede – soos aangeteken in die volgende Hadith (gesegde) van die Profeet:

“Jou Heer, Geseënd en Verhewe is Hy, is die Mees Genadige. Wanneer iemand beplan om ‘n goeie daad te verrig maar dit nie doen nie, sal een goeie daad in sy guns aangeteken word. As hy dit wél uitvoer, sal ‘n vergoeding van tien tot sewe-honderd keer (die vergoeding van een goeie daad) in sy guns aangeteken word. Wanneer iemand beplan om ‘n ongeregtige daad te verrig maar dit nie doen nie, sal ‘n goeie daad vir hom aangeteken word, maar as hy dit wél uitvoer, sal ‘n ongeregtige daad teen hom aangeteken word, of God sal dit uitwis [deur Sy Genade].” [11]

Vir verdere inligting aangaande hierdie onderwerp, besoek die webwerf
https://www.islamic-invitation.com/language/259/Afrikaans-Afrikaans

‘n Kort, Geïllustreerde Gids tot islam
https://www.islamic-invitation.com/book/details/Afrikaans/4912/n-Kort-Ge%C3%AFllustreerde-Gids-tot-islam

Aflaai

https://www.islamic-invitation.com/downloads/a_brief_illustrated_guide_to_understanding_islam-afrikaans.pdf

[1] Die betekenis van die Arabiese woord is: Mag God die aanroep van
sy naam ophef en hom beskerm teen enige onvolmaakthede.

[2] Sahih Muslim, #186, en Sahih Al-Bukhari, #6571

[3] Sahih Muslim, #188, en Mosnad Ahmad, #10832

[4] Sahih Al-Bukhari, #6568, en Mosnad Ahmad, #13368

[5] Sahih Muslim, #2825, en Mosnad Ahmad, #8609

[6] Sahih Muslim, #2807, en Mosnad Ahmad, #12699

[7] Sahih Muslim, #2807, en Mosnad Ahmad, #12699

[8] (Indien u met Yusuf Islam wil korrespondeer) Sy huidige adres is: 2 Digswell Straat, London N7 8JX, U.K.

[9] Why Islam is our Only Choice, geskryf deur Muhammad H. Shahid. Beskikbaar op ons webwerf, of kontak een van die organisasies op ons lys – bl. 69,70

[10] Sahih Muslim, #121, en Mosnad Ahmad, #17357

[11] Mosnad Ahmad, #2515, en Sahih Muslim, #131

 
All copyrights©2006 Islamic-Invitation.com
See the Copyrights Fatwa