FacebookTwitterYouTubeDailymotionScribdCalameo
SlideshareIssuuPinterestGoogle plusInstagramTelegram
Chat About Islam Now
Choose your country & click on the link of your language.
Find nearby Islamic centers & GPS location on the map.

Our Islamic Library contains:
Islamic TVs channels LIVE
Islamic Radios LIVE
Multimedia ( Videos )
Multimedia ( Audios )
Listen to Quran
Interactive files & QR codes
Misconceptions
Islam Q & A
Morality in Islam
Articles
The Noble Qur'an
Understanding Islam
Comparative Religions
Islamic topics
Women in Islam
Prophet Muhammad (PBUH)
Qur'an and Modern Science
Children
Answering Atheism
Islamic CDs
Islamic DVDs
Presentations and flashes
Friend sites

Articles' sections



Author:


Go on with your language:
qrcode

Bybelse Profesies aangaande die koms van Muhammad, die Profeet van Islam
Ibrahim Abu Harb

Viewed:
100

Bybelse Profesies aangaande die koms van Muhammad, die Profeet van Islam


Die Bybelse profesies wat die koms van die Profeet Muhammad ﷺ  [1]voorspel dien as ‘n bewys van diewaarheid van Islam aan enige personwat glo in die Bybel. In Deutronomium18: 18 & 19 kondig Moses aan dat Godaan hom gesê het:

“Ek sal vir hulle ‘n Profeet net soos jy aanstel vanuit hulle broers; en Ek sal My Woorde op sy tong plaas, en hy sal aan hulle sê wat Ek hom beveel om te sê. As enige iemand nie ag sou slaan op die Woorde wat in My Naam geuiter word nie, sal Ek hom Self tot verantwoording roep.”
Deutronomium 18:18, 19 [2]

Uit hierdie bogenoemde aanhaling is dit dus duidelik dat die Profeet wat in hierdie profesie genoem word oor die volgende eienskappe moet besit:

1) Hy sal net soos Moses wees.
2) Hy sal uit die broers van die Israeliete verkies word.
3) God sal Sy Woorde op hierdie profeet se tong plaas en hy sal slegs sê wat God hom beveel om te sê.

Kom ons kyk na hierdie drie eienskappe:


1) Hy sal ‘n Profeet net soos Moses wees.

Geen ander twee Profete het meer in gemeen gehad as die Profeet Moses en die Profeet Muhammad nie. God het aan albei van hulle ‘n Heilige Skrif geopenbaar. God het ook aan albei omvattende Wetgewing en ‘n morele waardestelsel geopenbaar. Beide was aanvaar as Profete sowel as staatshoofde. Beide het migreer nadat pogings aangewend was om hulle te vermoor.


Die vergelykings was getref word tussen Moses en Jesus skiet dikwels tekort omdat die bogenoemde ooreenkomste nie in ag geneem word nie. Daar is ook ander belangrike ooreenstemmings, soos beide se natuurlike geboorte, beide was ontneem van hul biologiese ouers, en beide het ‘n natuurlike dood gesterf. Daar is geen vergelyking sussen Moses en Jesus op enige van hierdie punte nie.


Dit is belangrik om te onthou dat Jesus deur sy volgelinge gesien was as die seun van God, en nie uitsluitlik as God se Profeet nie. Moses en Muhammad was Profete van God, en Muslims glo dat Jesus ook God se Profeet was. As ‘n mens na hierdie ooreenkomste kyk is dit duidelik dat Muhammad die Profeet was na wie God verwys het in Deutromomium 18.

As ons kyk na die Evangelie van Johannes, het die Jode gewag vir die vervolmaking van drie profesies:
1) Die koms van Christus.
2) Die koms van die Profeet Elia.
3) Die koms van ‘n Profeet (soos Moses).

Hierdie feite is kan erken word wanneer ons kyk na die vrae wat aan Johannes die Doper gestel was in Johannes 1:21:
“En dit was Johannes se getuienis toe die Jode van Jerusalem die priesters en die Leviete na hom toe gestuur het om hom te ondervra. Hy het nie geweier om ‘n erkentenis te maak nie, maar het vryelik erken, ‘Ek is nie die Christus nie.’ En hulle het gevra, ‘Nou wie is jy dan? Is jy Elia?’ en hy het geantwoord, ‘Ek is nie.’ En hulle het gevra, ‘Is jy dan die Profeet?’ en hy het geantwoord, ‘Nee.’”
Johannes 1:19-21

Wanneer mens gaan kyk na die Bybel se kruisverwysings, sal jy in die kantlynaantekeninge die verwysings na Deutronomium 18:15 en Deutronomium 18:18 [3] vind op elke plek waar daar na “die Profeet” verwys word in Johannes 1:21. Die logiese gevolgtrekking is dus dat die Profeet waarna hier verwys word, nie Jesus Christus was nie.


2) Uit die midde van die broers van die Israeliete.
Abraham het twee seuns gehad – Ismael en Isak (Genesis 21). Ismael was die voorvader van die Arabiese volk en Isak was die voorvader van die Joodse volk. Die Profeet waarvan hier gepraat word sou nie vanuit die Joodse nasie kom nie. Die Bybel voorspel dat hy uit die midde van hulle broers uitverkies sou word d.w.s. die Ismaeliete.

Muhammad was uit die nageslag van Ismael, en hy was inderdaad die uitverkore Profeet.

Verder spreek Jesaja die diensknegte van God aan (Jesaja 42:1-13) en noem God se ‘uitverkorene’ en ‘boodskapper’ aan wie God die Wet sal openbaar.
“Self sal hy ook nie uitgedoof of geknak word totdat hy My Wil op aarde gevestig het nie. Die eilande wag op wat hy hulle sal leer.”
Jesaja 42:4


In vers 11 word daar ‘n ander naam gekoppel aan die Boodskapper op wie se koms almal wag. Hierdie vers noem dat hy uit die afstammelinge van Kedar sal kom. Wie is Kedar? Volgens Genesis 25:13 is Kedar die tweede seun van Ismael, voorvader van die Profeet Muhammad .


3) God sal Sy Woorde op sy tong plaas.
Die Woorde van God (die Heilige Qur’an) was waarlik op die tong van die Profeet Muhammad geplaas. God het die Engel Gabriël na hom toe gestuur om Sy Woorde aan die Profeet te leer. God het Muhammad beveel om die woorde presies soos wat hy dit gehoor het aan die mense voor te dra. Die woorde wat uit sy mond uit gekom het was dus nie sy eie nie, maar wel die Woorde van God. Hierdie woorde het ook nie uit sy eie gedagtes ontstaan
nie, maar was deur die Engel Gabriël in sy mond geplaas, op God se bevel.

Gedurende die leeftyd van die Profeet Muhammad , en onder sy toesig, was hierdie woorde aan sy metgeselle geleer. Hulle het dit ook gememoriseer en dit daarna neergeskryf.

Neem kennis van God se Woorde in Deutronomium 18:19
“As enige iemand nie ag sou slaan op die Woorde wat in My Naam geuiter word nie, sal Ek hom Self tot verantwoording roep.”

Dit wil sê, as jy verklaar dat jy in die Bybel glo, is dit ook jou plig om te glo in die Profeet op wie se tong God Sy Woord sal plaas – en daardie Profeet is Muhammad .

Vir verdere inligting aangaande hierdie onderwerp, besoek die webwerf
https://www.islamic-invitation.com/language/259/Afrikaans-Afrikaans

‘n Kort, Geïllustreerde Gids tot islam
https://www.islamic-invitation.com/book/details/Afrikaans/4912/n-Kort-Ge%C3%AFllustreerde-Gids-tot-islam

Aflaai

https://www.islamic-invitation.com/downloads/a_brief_illustrated_guide_to_understanding_islam-afrikaans.pdf

[1] Die betekenis van die Arabiese woord is: Mag God die aanroep van sy naam ophef en hom beskerm teen enige onvolmaakthede.

[2] Die aanhalings uit die Bybel in hierdie boek is geneem uit The NIV Study Bible, New International Version.

[3] Verwys na die kantlynaantekeninge in The NIV Study Bible, New
International Version i.v.m. Johannes 1:21, bl. 1594.  

 
All copyrights©2006 Islamic-Invitation.com
See the Copyrights Fatwa